Leierskap by die huis webinar

Deur Annatjie van Zyl

Jou verhouding met jouself gee die toon aan vir elke ander verhouding wat jy het.” – Carol M Barret

Leierskap is nog altyd sinoniem met die werksomgewing, maar as jy ‘n leier by die werk is, is jy dan nog steeds een by die huis? En wat beteken leierskap by die huis? Dalk voel jy baie ongemaklik om aan jouself as ‘n leier te dink omdat jy jouself nog nooit as ‘n leier gesien het nie.

In ons koppe is leiers die persone wat suksesvol is, die voorlopers, die onverskrokkenes – maar is dit regtig so? 

Die eenvoudige waarheid is dat almal kan – en moet – lei. Die vraag is net HOE?

In hierdie webinar deel ek met jou die 6 beginsels vir self-leierskap wat ek toegepas het in my lewe en hoe hierdie beginsels jou kan help om beter te lei en jou verhouding met jouself en jou gesin te versterk. 

Ons gaan na die volgende 6 temas kyk:

  1. Hoe elkeen op sy eie manier by die huis kan lei 
  2. Die rol van betroubaarheid en kwesbaarheid in gesinsverhoudings
  3. Die impak van jou voorbeeld
  4. Self-leierskap en ouerskap met ‘n plan
  5. Empatie – watter soort weerspieël jy?
  6. Hoe lyk respek en wat is die doel daarvan?

Ek gaan na my eie Tall Trees Leierskapprofiel verwys. Dit is nie nodig om een te hê nie, maar as jy alreeds ‘n Tall Trees leierskapprofiel aangekoop het in die verlede, print dit uit en hou dit langs jou in die webinar. Ek gaan jou leer om hoe om dit nog beter te benut.

Vir die nuuskieriges wat nog nie ‘n leierskapprofiel gedoen het nie maar graag sal wil – goeie nuus! Jy kan deur my een aankoop teen R165 (die publieke prys is R330). Stuur vir my ‘n epos – sien die adres hieronder.

Kom leer saam en groei saam. Ek sien uit om jou aanlyn te bemoedig.

Datum: Donderdag 18 Junie vanaf 20H00 – 21h00  

Koste: R50 (net 50 plekke beskikbaar)

Hoe maak mens om ‘n kaartjie te koop?

  1. Koop jou kaartjie per EFT:

Rekening naam: Seed to Tree Consulting
Bank: Standard Bank / Lynnwoodridge
Takkode: 012445
Rekening no.: 202819264

Gebruik as verwysing: Leierskap webinar

  • Stuur jou bewys van betaling aan Annatjie van Zyl- annatjie@talltreestraining.com of plak dit in ‘n WA – 0824570673.
  • Sodra bewys van betaling ontvang is, stuur Annatjie vir jou die Zoom link waarmee jy kan inskakel
Due to the national lockdown orders will only be shipped twice a week, every Tuesday and Thursday.