Pappas, Dinsdag het ons met julle ‘n maklike blompot Moedersdag DIY gedeel wat jou kleintjie kan maak vir mamma. Vandag deel ons nog ‘n maklike idee …ons tweede wenk en DIY .

Maak vir mamma ‘n pragtige Sonskyn DIY Moedersdagkaartjie …

STAP 1: Laai jul gratis Pienkvoet-Pret sonskyn “template” af en “print” dit uit

Julle kan julle gratis “template” hier aflaai

STAP 2: Laat jul kleintjie die sonnetjie inkleur

In ons voorbeeld is die son “ingekleur” met verf, maar die prentjie kan ingekleur word met kryte, verf of wat ook al julle in die huis het.

STAP 3: Maak lyntjies met gom waar die son se strale gaan wees

Gebruik gom om lyntjies rondom die sonnetjie te maak waar die strale sou wees.

STAP 4: Vul die lyntjies in met gekrummelde Weet Bix

Neem ‘n blokkie Weet Bix, verkrummel dit in ‘n bakkie en laat jul kleintjie die krummels oor die gomlyntjies strooi. As julle nie Weet Bix in die huis het nie kan enigeiets soos rys, Rice Krispies of wat ook al jul in die huis vind wat soortgelyk is aan Weet Bix

Hierdie is ook ‘n lekker sensoriese oefening vir kleintjies.

En Voila, julle het die perfekte Moedersdagkaartjie gereed vir mamma!

Due to the national lockdown orders will only be shipped twice a week, every Tuesday and Thursday.