Salome van Wyk

Spelterapeut & Eienaar van Flourish

BEd(UP) BEd Hons(UP) MA Psych(NWU)

Volg haar op Sosiale Media

Mammas, in laas week se Mamma Siesta (ons “live” gesprekke op instagram waar ons met kenners gesels oor die onderwerpe waaroor julle ons die meeste vra, het ons met Salome van Wyk gesels. Salome is ‘n spelterapeut wat met ons haar insigte gedeel het oor die emosionele invloed wat babas se behoeftes op ons het as mammas, sowel as die belangrikheid van onafhanklike speeltyd. Vandag deel ons met julle haar notas oor die emosionele invloed wat ons babas se behoeftes op ons as mammas het, en môre in ons volgende “blog post” deel ons die tweede helfte van ons gesprek waar sy haar insigte oor onafhanklike spel deel.

Maak seker julle hou ‘n ogie op ons sosiale media om in te luister op ons volgende Mamma Siesta!

Elke fase, elke huishouding en elke mamma het haar eie unieke uitdagings. Ons is in verskillende bootjies, maar in dieselfde storm.

Ons wie se kinders nog babas en peuters is hoef dalk nie skoolwerk te doen nie, wat sy eie uitdagings het, maar ons kleintjies het nog soveel van ons aandag nodig.

  • 3 – 6 maande babas is nog totaal afhanklik van jou.
  • 6 – 12 maande begin beweeg, wat dit baie moeilik maak om hulle alleen te los en dit het sy eie uitdagings
  • 1 – 2 jariges is BESIG, hulle beweeg vinnig, hulle ontdek en wil alles verken. Hulle is al bietjie meer onafhanklik maar het jou nog baie nodig. Hulle praat nog nie juis nie, maar my dogtertjie kom haal ons aan ons hand en neem ons waar sy wil hê ons moet wees.
  • 2 – 3 jariges is ook BESIG, al so klein bietjie meer onafhanklik, maar emosies en kommunikasie word in hierdie ouderdomsgroep die grootste uitdagings.

Emosionele invloed op mammas:

Ons kinders se intense behoeftes het ‘n groot emosionele invloed op jou as mamma, selfs net in ‘normale’ omstandighede.

Daar is interessante navorsing gedoen met 85 000 mammas in Noorweë. Hulle het gevind dat ma’s se selfbeeld afneem vanaf swangerskap en eers weer optel nadat hulle kinders 3 jaar oud is. Hierdie afname in selfbeeld het ook ‘n invloed op die vlak van bevrediging in verhoudings. Kan wees waar “mom-shaming” vandaan kom, omdat ons werklik so sleg voel diep binne onsself.

Navorsing toon ook dat daar ‘n beduidende verandering in identiteit gebeur, om ma te word, moet jou psige ook eers kans kry om aan te pas. Soms is jy nog besig om aan te pas in jou mamma rol, maar die wêreld sien jou reeds as ‘n ma figuur. Dit mag lei tot identiteitskrisis. Tot ons besef dit maak nie regtig saak hoe ander jou sien nie – solank jy weet wie jy. Dit neem ‘n rukkie, so wees geduldig met jouself.

Die vraag ontstaan dus hoekom is daar nie meer ondersteuning vir ma’s deur swangerskap en die eerste 3 jaar van hul baba se lewe nie?

Nog interessante navorsing wat in Engeland gedoen is het vir mammas portuur
ondersteuning gegee vanaf swangerskap. Hierdie persoon is ‘n opgeleide, onafhanklike,
reeds ma wat ondersteuning bied sonder enige oordeel en onvanpaste advies. Dit was ongelooflik hoe goed dit vir daardie mammas se emosionele welstand was. Interessant genoeg die tema wat uitgestaan het was die tema om ‘gehoor’ te word, om jou behoeftes, bekommernisse, probleme en emosies te kan deel sonder oordeel en onvanpaste raad. Hierdie ondersteuning het bygedra tot ma’s se verbeterde selfbeeld, hulle was meer selfversekerd, hulle het waardevol en bemagtig gevoel en hul spanning het afgeneem. Die risiko vir voorgeboorte en nageboorte depressie het ook afgeneem.

Dink net as ons ondersteuning soos dit gehad het… besigheidsgeleentheid vir iemand…;)

Die belangrikheid van sosiale ondersteuning is uiters belangrik vir ons. Meeste van ons is gewoond aan sosiale ondersteuning, oumas, ‘nannies’, vriendinne, Pienkvoet-Pret tannies en ander mammas by Pienkvoet-Pret. Hierdie tyd is ons uitgehonger vir sosiale ondersteuning. Gelukkig is daar sosiale ondersteuning op sosiale netwerke…

As jy ‘n werkende mamma is, nog ‘n groter uitdaging!! Tydsbestuur is hier baie belangrik, glo ek. Doen die werk wat jy kan ‘vat-en-los’ terwyl jou kind onafhanklik speel. Los die werk wat konsentrasie verg vir die tyd as jou lyfie slaap of as jou man na jou kind se behoeftes kan omsien.

Mammas ervaar elke dag ‘n verskeidenheid emosies – gespanne, gefrustreerd, geïrriteerd, angstig, gedreineer, deurmekaar, oorweldig, maar ook dankbaar met hoop in ons harte.

Waarop om te fokus

  1. Mammas die belangrikste is om te fokus op jou en jou gesin se fisiese en emosionele behoeftes.
  2. Eet gesond, met ‘n “guilty pleasure” om jou “sanity” te vier; kry bietjie oefening in – al is dit om agter jou kind aan te hardloop of die pram 50 keer om die swembad te stoot… en slaap. Hierdie 3 is so belangrik en bepalend van jou gemoed, jou vermoe om probleme op te los en om kalm te bly…
  3. En wanneer jy totaal oorweldig voel en doen en sê wat jy nie wou nie, want dit gebeur met ons almal, se jammer, deel jou emosies met jou ouer kind en sê, more probeer ons weer.
  4. Probeer die humor ook raaksien tussen deur die foute wat ons almal maak.
  5. Vier daardie klein oorwinnings!! Ek voel party dae soos ‘n “champion”, as ek dink aan alles wat ek vermag het. Dit laat my dink aan Nadia Beukes se praatjie by Pienkvoet se “launch” partytjie in 2019 wat gesê het “clap for your own damn self”!

Ons kinders voel beter as ons beter voel mamma, so wees goed vir jouself.

Due to the national lockdown orders will only be shipped twice a week, every Tuesday and Thursday.