Salome van Wyk
Spelterapeut & Eienaar van Flourish
BEd(UP) BEd Hons(UP) MA Psych(NWU)
Volg haar op Sosiale Media
Mammas, in ons eerste Mamma Siesta (ons “live” gesprekke op instagram waar ons met kenners gesels oor die onderwerpe waaroor julle ons die meeste vra, het ons met Salome van Wyk gesels. Salome is ‘n spelterapeut wat met ons haar insigte gedeel het oor die emosionele invloed wat babas se behoeftes op ons het as mammas, sowel as die belangrikheid van onafhanklike speeltyd. Vandag deel ons met julle haar insigte oor onafhanklike spel.
Maak seker julle hou ‘n ogie op ons sosiale media om in te luister op ons volgende Mamma Siesta!
In ‘n ideale wereld kry ons elke dag tyd vir al drie hierdie soorte speeltye:
- Tyd vir een tot een, kindergerigte speeltyd
- Tyd vir opvoedkundige, beplande speeltyd
- Tyd vir onafhanklike speeltyd, Vryspel.
Kindergerigte, 1 tot 1 speeltyd:
- Die speeltyd wat ons gewoonlik afskeep
- 15 – 20 minute spandeer op die mat saam met jou kind
- Jou kind neem leiding in spel
- Dit is nie nou die tyd om te leer of te korrigeer nie.
- Jy volg en jy spieelbeeld wat jou kind doen – hou hulle reaksie dop as jy hulle ‘na-aap’ en presies doen wat hulle doen.
- Tyd vir konneksie, dit versterk julle band en jou kind voel veilig binne julle konneksie
- Dit versterk ook jou kind se selfbeeld en help met emosionele regulering, veral in die tyd wat almal onseker is en jou kind dit mag agterkom.
- Ouer kinders sal temas begin uitspeel, soos dood, dokter, siekte, skeiding, superheroes ens.
- Speel is ons kinders se taal en hulle manier om dit wat gebeur uit te speel sodat hulle dit kan prossesseer en verstaan.
Opvoedkundige, beplande speeltyd:
- Wanneer ons tyd maak met aktiwiteite om hulle te stimuleer. Net so belangrik.
- Hier waar ek so bitter dankbaar is vir Pienkvoet se digitale lesse. Om kreatief te probeer wees in hierdie tyd wat so baie reeds van ons verwag word is onmoontlik. Dankie dat julle Pienkvoet tannies so kreatief is sodat ons, ons kinders kan stimuleer
- Voordeel van die lesse by die huis is die aktiwiteit wat langer kan aanhou en herhaaldelik gebruik kan word. Nogal ‘n bonus.
- Ons ontvang lekker baie sensoriese aktiwiteite wat wonderlik is vir ons kinders se ontwikkeling – as jy moet kies tussen wat jy doen met jou kind, kies die sensoriese aktiwiteit, dalk die hardste opruim werk, maar so waardevol.
- Pienkvoet maak nie net arbeidsterapeute en juffrouens opgewonde met hul baie sensoriese ontwikkeling aktiwiteite nie, maar ook ons wat met die kinders se emosies werk. Sensoriese aktiwiteite is belangrik vir emosionele welsyn ook. Ons gebruik ons sintuie om onsself emosioneel te grond en emosionele regulering toe te pas.
Onafhanklike speeltyd:
- Baie belangrike vaardigheid om van kleins af aan te leer, party mense noem dit selfs ‘n noodsaaklike mylpaal.
- Speel ontwikkel ons kinders fisies, kognitief, sosiaal en emosioneel.
- Onafhanklike speeltyd leer kinders ontdek, probleemoplossing, om inisiatief te neem, dit prikkel nuuskierigheid, leer deur hul foute, bou kreatiwiteit en kritiese denke. Dit bou selfbeeld en versterk identiteit, word ‘n maatjie vir homself. Die beste van als, dit gee jou tyd om te doen wat jy moet doen of andersins net bietjie asem te skep.
- Onafhanklike speeltyd kan al begin tydens babatyd, babas speel met hulle hande, later met hul voete, hulle stemme, hul maak geluide ens. – wonderlike begin vir onafhanklike speeltyd. Sit so entjie weg van jou baba terwyl jy hulle los om op hul eie te wees.
- Navorsing toon:
babas op 6maande kan reeds vir 5min onafhanlik speel, gelukkig wees by homself.
12 maande, 15 min onafhanklik speel
18 maande, 15 – 20 min onafhanklik speel
2 jaar, 30 min onafhanklik speel
- Skep ‘n veilige en gemaklike spasie waarbinne jou kind kan speel en veilig voel
- Tipe aktiwiteite gaan afhang van jou kind en sy belangstelings. Kan so eenvoedig wees soos plastiese houers met deksels, ander hou meer van sensoriese aktiwiteite soos klei of sand, ander hou van aktief wees en buite rondspeel en klouter ens.
Wat as jou kind weier om onafhanklik te speel:
- Eerstens elke kind en situasie verskil, pas toe wat jy dink sal werk in jou situasie.
- Stap 1: Begin geleidelik. As jy by jou kind is, sê jy gaan gou paar goed was en beweeg uit vertrek, moenie te ver gaan nie en kom terug na ‘n rukkie. Jou kind sal sien jy kom terug. Doen dit vir ‘n paar dae en jou kind sal gewoond raak daaraan dat jy kom en gaan. Maak elke keer die periode wat jy weg is bietjie langer. Wat jy nie wil doen nie, is om net te verdwyn as hul nie kyk nie – ek weet ons almal het dit al gedoen, maar dit is nie volhoubaar nie.
- Stap 2: Verander speelgoed
Sit ‘n paar speelgoed weg vir ‘n paar weke en bring dit terug sodat hulle dit herontdek.
Voorsien hulle met oop einde speelgoed bv. Bokse, blokke ens.
Baie belangrik om nie te veel speelgoed te gee nie, dit trek hul aandag af en kan oorweldig voel deur te veel keuses. - Stap 3: Parralel spel
Terwyl jy boek lees, gee hulle ook ‘n boek
Sit kryte en papier gereed as jy sit en skryf - Stap 4: Kry hulle betrokke
Was saam skottelgoed – oe, my dogtertjie geniet dit, sy skuif al die stoel nader as sy wil help was.
Haal wasgoed van die draad af
Dek tafel af en dra bakkie kombuis toe. - Stap 5: Interaksie met ander kinders (as dit weer toegelaat word)
Kinders leer nie om onafhanklik te speel deur heeltyd op hul eie gelos te word en te moet speel nie. As hulle speel saam met maatjies skep dit nuwe verbeeldingsvelde en idees van wat om te speel.
- Soms is dit mamma wat haar kind verhoed om onafhanklik te speel, Mammas wat glo hulle moet die heeltyd hulle kinders stimuleer, laat nie toe dat daar onafhanklik gespeel kan word nie.
- Moenie te oorhaastig wees nie, dit mag tyd neem vir jou kind om onafhanklik te speel. Party kinders se temperament gaan ook bepaal of hul maklik op hule eie speel of nie.
- Gee daardie 1 tot 1 tyd vir jou kind voordat jy onafhanklike spel verwag, Eie ondervinding het my gewys as ek ekstra tyd met my kind spandeer in die oggend en seker maak daar was genoeg tyd vir konneksie wat ons kinders op floreer, speel sy makliker op haar eie omdat haar tenk vol is.
Geniet jou kind en wees goed vir jouself!
You’ve GOT THIS mamma!!
Recent Comments