Hoe om jou baba gemaklik & gehidreer te hou in die hitte.

pv_blog_oct

Somer is ‘n tyd vir behoorlike pret-binne en buite die huis. Maar vir ons pienkvoete kan die hitte soms ondraaglik (en selfs gevaarlik) wees. Hoe maak ons seker dat hulle gemaklik en gehidreer bly deur ons warmste seisoen?

Die jas wat jou pas

Dink mooi oor hoe jy kleinding aantrek. Dis ‘n mite dat ‘n baba altyd warm aangetrek moet wees. Na ‘n paar maande na geboorte kan hul reeds hul eie temperatuur reguleer en kan jy gerus die manier hoe jy aangetrek is as maatstaf gebruik.

Wees bedag op ventilasie

Al ooit gewonder waarom dit dikwels noodlottige gevolge het wanneer babas slegs vir enkele minute in ‘n warm kar gelos is? Dis omdat babas nog nie effektief kan sweet nie, en daarom kan hulle baie vinniger as ons oorverhit. Dieselfde geld vir ‘n warm kamer, so verseker dat jy baba in gemaklike kleertjies van katoen aantrek en dat ‘n kamer goeie ventilasie het.

Kies die regte carrier

Die kombinasie van ‘n carrier wat van materiaal gemaak is wat nie die nodige ventilasie bied nie en jou liggaamshitte is ‘n resep vir ‘n baba bakoond. Carriers is baie gemaklik, maar as baba se wangetijes begin rooi word, weet jy dis tyd om hom eers vir ‘n rukkie uit te haal.

En toe word ons dors

Het jy geweet dat jou pienkvoet 50% meer vloeistof moet in kry in die Somer? Wanneer jou kleinding onder 6 maande is, moet jy liefs nie vir hulle water gee nie. Vul die vloeistof aan met meer gereelde voedings of formule melk.

Als het sy tyd

Tydsberekening is krities in die hitte. Alhoewel die Somer die perfekte geleentheid bied vir buite aktiwiteite, moet jy dit bes hou vir voor 10:00 en na 14:00.

Wanneer ‘n mens ‘n paar goue reels volg is daar geen rede waarom mens nie baie Somer prêt kan hê nie.

No Comments Yet.

Leave a comment

Close
Please support the site
By clicking any of these buttons you help our site to get better