Gratis Valentynsmaand DIY vir jou en jou kleinding

Valentynsdag is om die draai, en ons het die perfekte aktiwiteit vir jou en jou kleinding!

Hierdie aktiwiteit fokus nie net op jou pienkvoet se fyn motoriese ontwikkeling nie maar sal ook vir julle die geleentheid bied om kwaliteittyd saam te spandeer en te lag terwyl julle saam leer en speel.

Wat julle benodig:

  1. Gom
  2. Pom-poms
  3. Pienkvoet-Pret se gratis Valentynsdag Plakkate: Valentynsdag DIY Plakkate (29 downloads)

Hoe die aktiwiteit werk:

1. Laai ons gratis plakkate af en druk dit op 'n A4 papier.

2. Vat die gom en trek 'n lyn al om die stippellyne van die walvis se stert of appel se vorm.

3. Laat jou kleinding een vir een 'n pom-pom neem en dit op die rand van die vorm plak.

4. Wag tot die gom droog is en plak julle nuwe kunswerk op die yskas se deur om te spog met hoe slim jou kleinding is.

Sluit aan by ons maandlikse nuusbrief om in al die nuutse Pienkvoet DIYs, nuus en raad te deel.

Ander Pienkvoet-Pret DIYs waarvan jy sal hou:

Gratis flitskaarte & Geluide vir enige ouderdom

DIY vir 7 – 18 maande – Eierhouer & oorstokkies

 

No Comments Yet.

Leave a comment

Close
Please support the site
By clicking any of these buttons you help our site to get better