Gratis flitskaarte & Geluide vir enige ouderdom

Flitskaarte is ‘n baie prettige manier om jou kleinding te leer van geluide... sy kan op haar eie daardeur blaai of jy kan saam haar geluide maak en haar laat uitwys watter flitskaart die geluid maak.

Flitskaarte is perfek vir enige ouderdom ... al wat jy hoef te doen is om Pienkvoet-Pret se gratis flitskaart ontwerpe en geluide af te laai:

Gratis Flitskaarte & Geluide (211 downloads)

Daarna kan jy dit laat druk so groot soos die palm van jou hand en laat lamineer. Knip ook die hoekies van jou flitskaarte rond.

Jy en jou kleinding is nou gereed om te speel met julle nuwe flitskaarte:

  1. Hou die prentjie voor jou gesig en maak die geluid (hou die flitskaart so dat jou pienkvoet steeds jou mond kan sien).
  2. Speel daarna die MP3 geluide wat jou afgelaai het tweekeer aan jou kleinding.
  3. 7 – 12 maande: Leer jou kleinding om te luister na die verskillende geluide, hierdie sal jou baba ouditiewe diskriminasie leer asook help met hul woordeskat uitbreiding. Onthou om “sjuut” te sê tussen elke geluid sodat jou kleinding onderskei tussen die verskillende geluide.
  4. 13- 21 maande: Op hierdie ouderdom kan jy saam met die vorige stap ook jou kleinding aanmoedig om die geluid na te boots
  5. 22 – 36 maande: Saam met die vorige stappe kan jou Pienkvoet nou begin om die flitskaart wat die geluid maak uit te wys. Sit die prente voor haar neer en laat haar self sê watter een die geluid sou maak.

0 Responses

  1. […] Gratis flitskaarte & Geluide vir enige ouderdom […]

Leave a comment

Close
Please support the site
By clicking any of these buttons you help our site to get better