Pienkvoet-Pret Garsfontein

Ontmoet Clarissa, die Pienkvoet-Pret tannie in Garsfontein

My Pienkvoet-Pret journey het in 2021 begin toe ek as ‘n Au-pair gewerk het vir die oulikste gesin. Deel van my werk was om die seuntjie Pienkvoet-Pret toe te vat op ‘n weeklike basis. Dis waar my liefde vir Pienkvoet-Pret begin het. Toe ek gesien dat die Garsfontein tak in die mark is, het ek net geweet ek moet die kans aangryp en aansoek doen. Dit was absoluut ‘n saak van gebed en ek het geweet, as dit die Here se wil is sal alles in plek val. En hier is ek nou, die nuwe eienaar van Pienkvoet-Pret Garsfontein vanaf Januarie 2025.

 

“FUN FACTS”

  • Ek is mal oor die bosveld                                                                                
  • Ek kan ‘n wawiel doen
  • Ek is ‘n bobaas Call of Duty Mobile speler
  • Ek kan nie parallel parkeer nie
  • Ek is baie lief vir chicken wings en braaivleis

“Elke mamma moet Pienkvoet-Pret oorweeg want dis die plek waar jy lewenslange vriendinne maak en waar die woorde: ‘toemaar ons was ook daardeur’, jou sommer sal laat beter voel. Mamma wees is nie veronderstel om eensaam te wees nie.”

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

Clarissa
garsfontein@pienkvoetpret.co.za

076 036 0803

5 + 15 =

“Doen jou bes en GOD doen die res”