Franchise Navraag

 

Die Pienkvoet- Pret verhaal:

Ek is Anelia Prinsloo, die trotse eienaar van my “baba” Pienkvoet-Pret wat in Junie 2000 gebore is. Nadat ek my onderwysgraad voltooi het, het ek vir sewe jaar my droom om 'n "juffrou" te wees, uitgeleef en vreeslik geniet.

My eersteling is gebore en ek kon dit nie oor my hart kry om hom by die huis of by 'n speelgroepie af te laai nie.

Op daardie stadium het ek na verskillende “mamma –en-baba- stimuleringsklasse” begin kyk en besef dat daar 'n leemte vir Afrikaanssprekende ma’s en hul kleingoed was. ‘n Groot geloofsbesluit is geneem- ek het bedank en Pienkvoet-Pret is begin in Garsfontein Pretoria.

Ons volg 'n uitstekende program wat goed nagevors en beplan is. Ouderdomsgepaste aktiwiteite word gedoen sodat mammas dit weer tuis kan herhaal en so leer die babas speel-speel. Die program word kwartaalliks ontwikkel met nuwe idees en aktiwiteite om vars en byderwets te bly.

Talle gekwalifiseerde terapeute verwys babas na ons klasse toe omdat hul alreeds so baie van 'n vroeë ouderdom af kan leer. Terapeute woon ook ons klasse by en ondersteun ons program 100%.

Ek het die voorreg om 'n besigheid van my huis af te doen waar al drie my pragtige kinders deel van die Pienkvoet-Pret program kon wees. My man, Anton, is 'n anker in my lewe en deel saam met my die droom vir Pienkvoet-Pret.

Vanaf 2000 het Pienkvoet-Pret uitgebrei tot waar ons vandag landswyd franchises het. Voorwaar 'n ongelooflike seën uit die Here se hand. Ek dank Hom vir die voorreg!

Vanaf 2015 is Rhona Erasmus mede-eienaar van Pienkvoet-Pret. Twee koppe werk inderdaad beter as een! Om iemand as vennoot te kon inneem wat my passie en droom deel, was wonderlik. Saam beplan ons om Pienkvoet-Pret na nog hoër hoogtes te neem.

Rhona is ook ‘n oud-onderwyseres wat haar eie suksesvolle Pienkvoet-Pret tak(ke) gehad het voordat sy vennoot geraak het. Sy het ‘n geweldige passie vir vroeë-kinder-ontwikkeling en het haar graad in onderwys, met die spesialisvak “Babas en peuters” aan die Universiteit van Pretoria behaal. Sy is getroud met die liefde van haar lewe, Wikus en het 'n pragtige seuntjie Juan.

Ons Pienkvoet-Pret franchise-span deel ons passie vir kinders en vir die lewe. Elke franchise-eienaar met haar unieke persoonlikheid, raak daagliks honderde babas en mammas se harte aan in hul klasse. Ons werk en speel ewe hard!

STEL JY BELANG OM JOU EIE PIENKVOET-PRET FRANCHISE TE BEGIN?

Pienkvoet-Pret is opsoek na dinamiese, energieke en passievolle dames om deel van ons droom-span te word. HET JY DIT IN JOU?!

WAT HET EK NODIG OM 'n PIENKVOET-PRET FRANCHISE TE BEGIN?

AS PERSOON
  • Is jy 'n Christen? Pienkvoet-Pret is op 'n Christelike waarde-sisteem gebou
  • Is jy entoesiasties? Dan is hierdie 'n wonderlike geleentheid vir jou
  • Is jy lief vir kinders? Dan kan jy dit absoluut uitleef in jou werk
JOU WERKSWINKEL – Jy benodig
  • 'n Groot aparte vertrek met deure en genoegsame lig, ongeveer ’n dubbelmotorhuis grootte
  • Veilige speelplek in jou tuin met verkieslik koeltebome
  • Genoeg en veilige parkering vir ongeveer 10 motors

WAT ONTVANG JY INDIEN JY 'n PIENKVOET-PRET FRANCHISE KOOP?

Die inkoopbedrag bied aan jou die lisensie om 'n franchise te open in 'n sekere area. Areas word bepaal volgens ligging asook ‘n behoefte in ‘n spesifieke area.

Ek bied ook die volledige opleiding persoonlik aan. Jy ontvang die volledige uitgewerkte Pienkvoet-Pret program. Jy word volledig toegerus vir elke les sodat die standaard in elke Pienkvoet-Pret werkswinkel dieselfde sal wees.

Praktiese opleiding sal ook aangebied word waartydens jy klasse sal moet gaan bywoon.

INDIEN JY VERDER BELANGSTEL

Indien jy belangstel in hierdie geleentheid en meer inligting verlang, kontak my gerus. Meer detail aangaande die franchise fooi, tantieme asook bemarkingskoste sal dan aan jou gestuur word.

Ek volg ’n streng keuringsproses met alle kandidate wat aansoek doen om ’n franchise eienaar te word. Jy sal ’n "persoonlikheidsprofiel toets” moet doen asook ’n persoonlike onderhoud met my moet voer.

Pienkvoet-Pret is vir my 'n droom wat waar geword het – om van die huis af my eie besigheid te bedryf. As dit jou droom is, wil ek graag vir jou ook die geleentheid gee. Wees verseker van my volle ondersteuning.

Kontak my gerus sodat jou drome vlerke kan kry!

Groete,
Anelia Prinsloo

franchise@pienkvoetpret.co.za
082 214 1987

"To love what you do and feel that it matters – how could anything be more fun?"
Katherine Graham

Close
Please support the site
By clicking any of these buttons you help our site to get better