Pienkvoet-Pret Faerie-Glen
Jessica
faerieglen@pienkvoetpret.co.za
072 404 2033
Ontmoet Jessica, die Pienkvoet-Pret tannie in Faerie Glen
My Pienkvoet-Pret journey het in 2025 begin, die jaar wat ek mamma geword het aan ons wonderwerkie Daniël. Pienkvoet-Pret het ons weeklikse uitstappie geword waarna ons beide uitgesien het en ek was dadelik verlief oor wat Pienkvoet- Pret bied. Ek het geweet die Here het dit vir ‘n rede oor my pad gestuur. Dit is ‘n veilige vesting waar mamma en baba net hulle self kan wees.
“FUN FACTS”
- Ek het n B. Ed Graad en was vir 12 jaar ‘n Grondslagfase onderwyseres. Kinders is verseker my passie.
- Ek kan nie oogknip of fluit nie. 😉
- Ek love die tv reeks FRIENDS.
- Ons het twee Boston Terrier hondekinders.
- Ek is baie lief vir travel.
Elke mamma moet Pienkvoet- Pret oorweeg want dit help vorm aan jou kleintjie se fondasie en ontwikkeling deur nagevorsde stimulasie tegnieke soos liefde vir lees, ontdekking van teksture, sensoriese oefeninge, baba massering net om ‘n paar te noem. Dit is ‘n plek vir mamma om net te kan ‘wees’ in ‘n veilige omgewing waar ons saam bid, saam lag, saam huil, saam help en motiveer. Dit is jou village, jou ondersteuningsnetwerk. Dit is ‘n plek waar ons mekaar embrace met God se liefde in hierdie wonderlike ouerskapsreis.
Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!
Jessica
faerieglen@pienkvoetpret.co.za
072 404 2033
‘Why do you try to fit in when you are born to stand out’
