DIY vir 7 – 18 maande – Eierhouer & oorstokkies

Dis soms moeilik om te dink aan maniere om jou kleintjie besig te hou by die huis, en ons weet hoe jy voel! Jy wil hê sy moet die meeste uit haar speeltyd kry , en leer terwyl sy speel ... maar jy weet nie presies watter aktiwiteite reg is hiervoor nie en jy kan ook nie altyd nie ‘n fortuin spandeer op aktiwiteit gedrewe speelgoed nie.

Dis hoekom ons besluit het om van Pienkvoet-Pret se geheime met jou te deel. Gebruik hierdie vinnige DIY vir 7 – 18 maande babas wat jy self kan maak met items in en om die huis!

Wat jy benodig:
1 x eierhouer
10 x oorstokkies
Verf, ‘n kwas, ‘n skêr, ‘n potlood & gom
Pienkvoet-Pret se gratis A4 vorms

Laai jou vormpies af hier:
Gratis Eierhouer Vorms (65 downloads)

1. Laai die vormpies af en laat dit gedruk word op ‘n A4. (Kyk mooi daar is verskillende ontwerpe en kleur opsies ... jy benodig slegs 10 vormpies).

2. Neem die skêr en maak ‘n klein gaatjie in elke eierdop, gebruik dan die potlood en druk dit deur die gaatjie om dit mooi rond te maak.

3. Sit ‘n swartsak of koerantpapier neer om te vermy dat enige verf op die grond mors.

4. Verf die eierhouer ‘n kleur van jou keuse, ons het akriel verf gebruik, maar iets soos “spraypaint” sal ook goed werk. (WENK: Kies ‘n kleur wat sal pas by die vormpie wat jy gedruk het by stap 1).

5. Terwyl jy wag vir die verf om droog te word, knip die vormpies uit. Vou dan elke vormpie in die helfte en sny die sirkeltjie in die middel van elke vormpie ook uit.

6. Gebruik die gom op die vormpies bo-oor elke gaatjie te plak.

Viola! Jy is gereed!

VIR 7 MAANDE BABAS:

Sit in elke gaatjie ‘n oorstokkie en laat jou kleinding dit uit die gaatjie uittrek.

VIR 12 – 18 MAANDE BABAS:

Laat jou kleinding self ‘n oorstokkie in elke gaatjie sit en dan weer uittrek.

Ons wil graag sien hoe jou en jou kleintjie se DIY uitdraai, noem ons in jou Social Media posts of los terugvoer in die kommentaar afdeling hieronder.

Vir al die nuutste DIYs maak seker jy sluit aan by ons nuusbrief deur hierdie skakel te volg.

 

No Comments Yet.

Leave a comment

Close
Please support the site
By clicking any of these buttons you help our site to get better