Bly jonk in 2018

Bly jonk met hierdie pret familie aktwiteite

Onthou jy nog die dae voor jy 'n mamma was? Daai tyd toe jy altyd geglo het jy gaan die pret mamma wees. Jy weet, die een wat met die Cowboy-hoed en speel-speel geweer rondhardloop en saam die rooi Indiane soek en skiet!

 

Maar toe gebeur daar iets. Iewers het dinge verander en nou is jy presies soos daai ma wat jy altyd so na gestaar het in die betaalry van die winkel. Die een wat vir alles "nee" en duidelik baie moeg is.

So aan die begin van die jaar is ons almal uitgerus en dis die ideale tyd om weer "jonk" te wees in gees en in dade. Eintlik is dit juis ons dade wat dikwels ons gees jonk hou. En watter beter geleentheid het ons as om jonk of sommer eenvoudig "laf" te wees as saam met ons Pienkvoete?

 

Hier volg 'n lys van lawwe en pret dinge wat jy saam met jou Pienkvoet kan doen:

 

  1. Herontdek jou hoepel-heupe. Roep die kleinngoed om buite te kom speel en wys hul wat in jou heupe steek.
  2. Dans! Speel die musiek hard! Dans en wees sommer laf.
  3. Mors 'n bietjie. Probeer 'n nuwe resep in die kombuis en mors die meel, eet die bak uit saam met jou kinders of hou watergeveg in die badkamer. (Julle kan almal saam later opruim, maar geniet die oomblik)
  4. Teken met bordkryt in die inrypad. Speel "hop-scotch", dink saam aan 'n storie en teken die karakters, gaan groot!
  5. Roll van 'n grasheuwel af, jaag mekaar in die tuin, speel wegkruipertjie, klim boom of gaan ry fiets. Wys jou kinders jy KAN nog speel. wie weet jy mag dit dalk net so geniet dat jy dit elke dag wil doen.

 

Maak nie saak wat jy doen nie, maak 'n punt daarvan om PRET te he. Dit hou ons jonk en het 'n ongelooflike impak op jou kinders se geestelike ontwikkeling.

No Comments Yet.

Leave a comment

Close
Please support the site
By clicking any of these buttons you help our site to get better