Pienkvoet-Pret Bloemfontein

Ontmoet Lisa, die Pienkvoet-Pret tannie in Bloemfontein

My Pienkvoet-Pret pad het in 2013 begin. Ek is nou 10 jaar betrokke by Pienkvoet-Pret en dit was voorwaar net ‘n lekkerte. Na my kinders se geboorte het ek egter ‘n ander uitdaging gesoek waar ek steeds my passie kon uitleef, maar so bietjie meer op my eie tyd kon werk en by my kinders betrokke kon wees. Pienkvoet-Pret het oor my pad gekom en was tot nou net een groot BLESSING! Ek geniet dit om my met positiewe mammas te omring en om daagliks met God se wonderwerkies te kan werk. Pienkvoet-Pret is nie ‘n werk nie, maar ‘n passie wat uitgeleef word.

“FUN FACTS”

  • Ek het baaaaie slaap nodig. Laataande is nie vir my nie!
  • Ek is heeltemal ‘n pyn wat netheid en orde  aan betref.
  • Ek is super swak met sosiale media en my foon.
  • Ek love dit om te hardloop.
  • Ek werk al 23 jaar met kindertjies!
“Elke mamma moet Pienkvoet-Pret oorweeg want dit is ‘n veilige hawe waar mamma en kind saam net kan wees en mekaar kan geniet en tyd vir ‘n uur en ‘n half kan stilstaan.”

Wat ander mammas sê

Tannie Janice ( Ouma)

Waar begin ek om dankie te sê vir nie net ‘n wonderlike vrou nie, maar die mooiste, sagste juffrou wat haar werk met ons kosbare kindertjies met soveel liefde deel. Van die oomblik wat jy in haar klas instap, tot jy daar uistap, borrel sy met haar lag. Haar liefde vir elke klein mensie is ‘n teken van haar geaardheid en verhouding met God.

Alles verloop vlot, alles is so georganiseerd en ons kinders is so gemaklik in haar teenwoordigheid.

Sylvia

Dis tyd vir Pienkvoet–Pret kom maak ‘n draai…” so speel die liedjie in ons kar oppad na Juffrou Lisa en Malan rol die arms en kan nie wag nie!

Ek vra dan…hoe kan ‘n Maandag dan  blou wees??

Pienkvoet–Pret speel ‘n baie groot rol in ons lewens en om te sien hoe Lisa haar passie uitleef is baie bevredigend vir elke Mamma wat by haar aansluit.

Lisa het die vermoë om met elke kleuter op ‘n baie spesiale manier te kommunikeer en soms staar van hulle net na haar en bewonder wat sy doen. Dis vir ons as mammas ‘n groot voordeel dat jy ‘n plekkie in ons kinders se opvoeding vul!

Anene

Vir een jaar lank is ons nou al deel van die Pienkvoet–Pret familie in Bloemfontein by Lisa. Wat ‘n wonderlike ervaring en groepie om van deel te wees. Ons geniet al die aspekte van fynmotoriese oefeninge, sensoriese aktiwiteite tot en met dans en speel. Met al die oefeninge sien ons as mammas weekliks hoe ons kindertjies verbeter in die aktiwiteite. Dit maak van mammas vriendinne terwyl ons kinders vaardighede leer  – wat ‘n bonus.

Lisa het ‘n hart vir kindertjies en ‘n passie vir dit wat sy doen. Elke mamma en kind word met die intrapslag met ope arms verwelkom. Elke lessie word met soveel energie aangebied en elke kind word met baie liefde hanteer. Ons kinders is so lief vir tannie Lisa. Dit is ‘n voorreg om deel te wees van Pienkvoet-Pret Bloemfontein.

Marisna

Lisa se liefde en passie vir die kinders en haar werk, kan reeds gevoel word die oomblik wanneer sy jou by die deur ontvang. Die kinders hang aan haar lippe en word vinnig lief vir haar. Ons is dankbaar vir wat Lisa ons twee kinders kon leer. Sy doen beslis Pienkvoet-Pret se naam goed.

Jana

Lisa is die perfekte persoon om my seuntjies se leerproses te begin. Haar belangstelling vir hulle word so waardeer en elke klassie wat sy aanbied word gedoen met energie en soveel geduld vir elkeen se leerproses. Sy behandel ons mammas met liefde en deernis. Dit is ‘n voorreg om deel te kan wees van Pienkvoet-Pret.

Helene

Hoe beter wil jy nie jou week begin met 8:30 klas op ‘n Maandag nie. Lisa is altyd uitstekend voorberei en haar klasse voorsien altyd baie pret. Natuurlik is die kinders se grootste verassing om te sien wat Lisa uit die kombuis gaan bring; van vrugtestokkies tot worsies sny is dit altyd ‘n liplekker klassie.

Lisa se voorbereiding en oneindige liefde vir elke kleintjie is definitief hoekom elkeen so goed en pragtig ontwikkel.

Dit is ‘n groot hoogtepunt vir my en my kinders om Pienkvoet-Pret te kan bywoon en dit is alles te danke aan Lisa wat so ‘n ongelooflike veilige omgewing vir elke pienkvoet en mamma skep.

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

4 + 15 =

The bad news is time flies.

The good news is that you are the pilot!

Michael Altshuler