- Reeds vanaf Junie 2000 bied ons die beste, beproefde program aan! Vir 21 jaar lank leer ons babas al spelende. Kom kyk self!
- Die lewe is so gejaagd. 90 minute per week alleen saam met jou kind is nie te veel gevra nie? Gun dit vir julle.
- Ons weet jy is bekommerd en jy wonder of jou kind optimaal ontwikkel. Kom deel jou vrese en ook jou “wow”-oomblikke saam met ander ma’s wat net soos jy voel!
- Ons het PRET! By ons kan jou baba mors en ontdek na hartelus. Kom ontspan hier en skop jou skoene uit! Ons sal skoonmaak…..
- Ons gaan saam speel en leer. Ons doen pret-oefeninge wat ouderdomsgepas is en vir jou hope idees gee wat jy tuis kan herhaal.
- Sien hierdie as groepsterapie. Ons leer by mekaar en gee raad waar ons kan. Jy sal nooit weer voel net jy gaan deur ‘n “dip” nie!
- By Pienkvoet-Pret kan jy net jouself wees. Ons vergelyk nie ons babas met mekaar nie. Elkeen ontwikkel op sy eie tyd en op sy eie unieke manier.
- Jou baba sosialiseer op ‘n veilige manier, saam met jou. Nee mamma, jou baba hoef nie voor 3 jaar skooltoe te gaan omdat hy nou maatjies nodig het nie. Hy het NET vir jou nodig. Gee hom genoeg daarvan. Voor 3jarige ouderdom speel babas net LANGS mekaar, nie MET mekaar nie.
- Ons franchisees word met die hand uitgesoek en gekeur. Hul ontvang volledige opleiding en ‘n puik uitgewerkte program.
- Pienkvoet-Pret sal die beste belegging ooit in jou kind wees. Gewaarborg!
Recent Comments